BETER ASSIE BURE SEASON 2 

Die Flambojante, parmantige pianis – Rocco de Villiers – wat die klawers klop, een loslit grapjas aanbieder en skaterlag familie-pret en plesier! “Beter assie Bure is terug op  SABC 2. Die speletjie-program vol kaskenades met twee spanne wat gaan kopkrap en wikkel om te sien wie gaan wegstap met titel en tot R30 000.

Beter assie Bure gaan hulle familie- en burebande behoorlik op die proef stel met speletjies wat hulle spanwerk, oorspronklikheid, algemene kennis en musiek-vernuf gaan toets. ʼn Gedugte familiespan van drie, sal meeding teen ʼn ander familiespan. En waarvoor speel hulle almal? – geld-pryse natuurlik, tot R30 000 kontant.

Mag die beste familie wen!!

Hoe om in te skryf:
1. Deelnemers sal deelneem en kompeteer in spanne van 3 (drie).
2. Alle deelnemers moet ouer as 16 wees met dag van opname.
3. Verfilming vind plaas in Kaapstad gedurende 30 Maart en 7April 2018. So maak seker julle al 3 is beskikbaar gedurende die tye.
4. Deelnemers moet beskikbaar wees vir die volle dag van hul geskeduleer opname datum.
5. Om aansoek te doen om ‘n deelnemer op Beter Assie Bure te wees, voltooi die onderstaande aansoekvorm in sy geheel.
6. Stuur voltooide aansoekvorms op die volgende manier terug na ons;
a. Aanlyn.
b. Skandeer en E-pos na contestants@okuhle.co.za
c. Faks na 021 486 2918
Indiening van ‘n aansoekvorm en die nakoming van die bogenoemde is geensins in enige omstandighede ‘n aanbod om in die program te verskyn nie. Die vervaardigers kan u dalk uitnooi om deel te neem, al dan nie. Nadat ons die vorm ontvang het kan ons julle dalk uitnooi na ‘n finale oudisie wat dan sal bepaal of julle deurgaan na die opnames.
By die keuse van deelnemers vir Beter Assie Bure, sal die volgende in ag geneem word:
vermoë, entoesiasme, liefde vir musiek en seker die belangrikste die energie en vriendelikheid wat julle uitstraal. Die besluit van die vervaardigers is finaal en geen verdere korrespondensie sal volg nadat die spanne gekies is nie. GELD PRYSE * VERRASSINGSPRYSE * VAKANSIE-PRYSE

 

Top